CA streef daarna om kennis te ontsluit, vaardighede te ontwikkel en gesindhede te bou...Regkry vir Werkkry!

  • Stap 1: Kies 'n Kursus

    Kies een van ons verskeidenheid voltyds, of kort kursusse.

    - Voltydse Kursusse
    - Ander Programme

  • Stap 2: Kry Aansoekvorm

    Jy kan 'n Aansoekvorm aflaai, of jy kan ons kontak om een na jou toe te stuur.

    - 2015 Aansoekvorm
    - 2015 Aansoekvorm (Bellville)

  • Stap 3: Administrasiefooi

    Jy kan die Registrasiefooi van R1,850.00 direk in ons bankrekening inbetaal, en die bewys van betaling aan ons stuur.



  • Stap 4: Akkommodasie
    Vir meer inligting oor studentewoonstelle, kommunes of tuinwoonstelle in die omgewing, kontak gerus een van ons behuisingskonsultante.

  • Stap 5: Voltooi Dokumentasie

    Pos, faks, e-pos of bring jou registrasievorm saam met die volgende dokumente:

    - Afskrif van ID dokument
    - Nuutste skoolrapport of vorderingsverslag
    - Bewys van administrasiefooibetaling

  • Stap 6: Welkom
    Slaag matriek en word deel van die CA-familie!

Die basiese vereiste om by Centurion Akademie te studeer:

  • Sien elke kursus/program vir toelatingsvereistes

Toelating tot Diploma Studies

  • Nasionale Senior Sertifikaat
  • Minimum 30% vir onderrigtaal van verdere studie
  • Minimum prestasie van 3 (40%-49%) in vier vakke

Toelating tot Hoër Sertifikaat Studies

  • Nasionale Senior Sertifikaat
  • Minimum 30% in onderrigtaal van verdere studie
  • Minimum prestasie van 2 (30%-39%) in 4 ander vakke

Let ook daarop dat daar ander bykomende toelatingsvereistes is by sommige van die programme. Dit sal beskikbaar wees op die spesifieke program se inligtingsbladsy.

REG VAN TOELATING DEUR CA VOORBEHOU

Highveld Park, Riverside, Soma Kampus

Centurion

Vir voornemende Centurion Akademie studente is daar "bachelor", 1 slaapkamer, 2 slaapkamer en 3 slaapkamer eenhede beskikbaar op die kampusperseel of binne loopafstand van die kampusse. Die eenhede word per kamer aan studente beskikbaar gestel. Komplekse/woonstelle het almal sekuriteitsbeheer, en is geleë by Centurion Mall, Gautrain busroetes en vinnige toegang tot snelweë.

Vir akkommodasie in Centurion, kontak Diana Cuthbert:

Tel: 012 648 9753 / 9754

Cell: 081 376 6183

E-pos: diana@ca2000.co.za

 

Vyfster Verblyf

 

Centurion - Vyfster Verblyf

Gebou is in sekureits kompleks. Ten volle gemeubileerd en toegerus. 
Gerieflike stylvolle enkel kamers met eie en-suite badkamers.
Alles wat 'n student se hart vra .....

Kontak vir Carl & Annette de Jager:

Tel: 082 460 6737    

E-pos: vyfsterverblyf@gmail.com

Web: www.vyfsterverblyf.co.za

GPS:  S 25   51.066       E 28  12.354                      

 

Klerksdorp

Vir akkommodasie in Klerksdorp, kontak Brenda Venter:

Tel: 018 464 4222

E-pos: brenda@ca2000.co.za

Kopiereg: Centurion Akademie 2014