NUUS

By Centurion Akademie is daar 'n kursus vir almal.

 

CA Klerksdorp - Studente Skenk Oonde

[17-05-2012]

Centurion Akademie – Klerksdorp se student en studenteraad het aan wyk 29 in Klerksdorp oonde geskenk. Mev Rita Steyn van die DA het dit ontvang.

 


CA Express - vir al jou kampus nuus

[30-04-2012]

Kliek hier vir uitgawe 1 >>

 


CA - Kwalata Kamp

[23-04-2012]

Kom saam met CA op 'n Avontuur kamp en kry 'n blik op die lewe van 'n Natuurbewaarder.

Datum: 7 - 11 Julie 2012

Koste: R800.00 alles ingesluit.

Kliek hier vir meer inligting

 


CA - Ontbytsake

[22-03-2012]

Ontbytsake besoek Centurion Akademie. Kyk na die video hieronder.


ATLETIEK

[29-02-2012]

'n Klein groepie van tien Centurion Akademie-atlete het Provinsiale beamptes, afrigters, atlete, administrateurs, 'n lid van TUT bestuur en ouers voor 'n vol paviljoen laat regopsit, toe hul met die dames-algeheel eerste, tweede en derde plekke die res oorskadu het. Die CA dames behaal nog 'n eerste in die 4x100m aflos ook.

Hierdie byeenkoms dien as kwalifisering vir TUT se atlete om aan die Nasionale Studente Kampioenskappe deel te neem en al TUT se kampusse was verteenwoordig.

Die atlete, wie hoofsaaklik eerstejaars is, was soos volg:

  1. Natasha Roux – Wenner - Victrix Lodorum
  2. Nerisha Steinsberg – 1ste 100m; 3de 200m; 2de 400m en aflos.
  3. Carmen Brits – 1ste Driesprong; 2de Spiesgooi ; 5de Verspring en aflos.
  4. Su-aan Veer – 1ste Spiesgooi; 2de Verspring en aflos.
  5. Anell Opperman -6de 100m en aflos.
  6. Giola Dalla-Pria- 2de Verspring.
  7. Werner Steyn – 1st Werpskyf, 3de Gewigstoot.
  8. Adriaan De La Rey-4de Gewigstoot.
  9. Willie Muller – 2de Verspring.
  10. Reginald Hinda- Neem nie deel.

Nota: Ivan Smith moes onttrek na 'n verstandtand-operasie.

Drie van die atlete se ouers was daar vir die hele byeenkoms, wat om 19:40 met die prysoorhandiging afgesluit is. 1ste,2de en 3de plekke ontvang medaljes wat afgehaal moet word.

 


Registrasies vir 2012 steeds oop

[01-02-2012]

Voornemende studente kan nou reeds inskryf.
CA se groot inskrywingsdag vir eerstejaars is op 16 Januarie 2012

 



Registrasies 2012

[9-12-2011]



CA - Stigting van Akademiese- en Sporttrust

[10-10-2011]

Een van se grootste doelwitte is om ‘n Akademiese- en Sporttrust te stig om studente te ondersteun. ‘n Groeiende hoeveelheid skoolverlaters, wil toetree tot verdere naskoolse onderrig, maar het nie die nodige finansiële ondersteuning nie.  ‘n Groot aantal studente ondervind finansiële probleme gedurende hulle studies en dit maak dit vir hulle onmoontlik om hulle studies te voltooi.

Privaatverskaffers vind dit baie moeilik om sportsterre te ondersteun om deel te neem aan nasionale byeenkomste.  Die universiteite ontvang subsidie van die regering wat hulle in staat stel om verskeie projekte te befonds. Privaatverskaffers ontvang geen subsidie nie en dit plaas dus groot finansiële druk op ouers en die instansie.

 is die eerste privaat hoër onderwysinstansie wat ‘n Akademiese-en Sporttrust stig om studente te ondersteun deur studielenings.  Die fonds sal ook sportsterre in staat stel om deel te neem op nasionale universiteitsvlak.

Ons bedank die volgende mense wat reeds bydraes to die Trust gemaak het:

1. Noordvaal Sekuriteit

2. Ingeniso Private Equity

3. Anoniem x 5

CA - Open nuwe kampus in Bellville

[10-09-2011]

 

CA is in die proses om 'n nuwe kampus in Bellville te open na aanleiding van aanvraag, wat ons gehad het.

Die volgende kursusse sal daar aangebied word:

  • Somatologie & Skoonheid 2012;
  • Natuurbestuur 2012;
  • Sportbestuur vanaf 2013;

U kan ons gerus skakel in die verband. Vir die kursusinhoud kliek op die "Kursusse" - Skakel en dan op die betrokke vak.

2012 Registrasies vir bogenoemde kursusse is oop, registreer so gou as moontlik om jou plek te verseker.

Vir die inskrywingsprosedure, skakel ons by 021 945 4187 / epos ons by info@capagroup.co.za

CA bied die kursusse aan in samewerking met Prestige Akademie, beide is deel van die CAPA-Groep.

www.capagroup.co.za