SPORT NUUS


CA - Gholf

[10-04-2012]

CA Gholf Akademie het deelgeneem aan die "Inter-Varsity" teen TUT op Maandag 26 Maart.

Die toernooi was aangebied by die "Services Country Club" in Pretoria. 2 van CA se spanne het gekompeteer teen TUT se 1ste Span.

Ons spanne het uitstekende gholf gespeel en het albei redelik maklik TUT se span oorwin.

Resultate:

TUT A teen CA A - CA A wen 6 - 3

TUT A teen CA B - CA B wen 5 1/2 - 3 1/2

Baie geluk aan ons spanne. Ons is baie trots op julle!!

Hou vol met julle toegewyde harde werk.

 

CA - Atletiek

[29-02-2012]

'n Klein groepie van tien Centurion Akademie-atlete het Provinsiale beamptes, afrigters, atlete, administrateurs, 'n lid van TUT bestuur en ouers voor 'n vol paviljoen laat regopsit, toe hul met die dames-algeheel eerste, tweede en derde plekke die res oorskadu het. Die CA dames behaal nog 'n eerste in die 4x100m aflos ook. Hierdie byeenkoms dien as kwalifisering vir TUT se atlete om aan die Nasionale Studente Kampioenskappe deel te neem en al TUT se kampusse was verteenwoordig. Die atlete, wie hoofsaaklik eerstejaars is, was soos volg:

  1. Natasha Roux – Wenner - Victrix Lodorum
  2. Nerisha Steinsberg – 1ste 100m; 3de 200m; 2de 400m en aflos.
  3. Carmen Brits – 1ste Driesprong; 2de Spiesgooi ; 5de Verspring en aflos.
  4. Su-aan Veer – 1ste Spiesgooi; 2de Verspring en aflos.
  5. Anell Opperman -6de 100m en aflos.
  6. Giola Dalla-Pria- 2de Verspring.
  7. Werner Steyn – 1st Werpskyf, 3de Gewigstoot.
  8. Adriaan De La Rey-4de Gewigstoot.
  9. Willie Muller – 2de Verspring.
  10. Reginald Hinda- Neem nie deel.

Nota: Ivan Smith moes onttrek na 'n verstandtand-operasie.

Drie van die atlete se ouers was daar vir die hele byeenkoms, wat om 19:40 met die prysoorhandiging afgesluit is. 1ste,2de en 3de plekke ontvang medaljes wat afgehaal moet word.

 

Links

...Voorige Nuus


Video's