VRAE & ANTWOORDE |
V & A1. Het CA 'n sluitingsdatum vir inskrywings?CA het nie 'n spesifieke sluitingsdatum nie, maar getalle is beperk in sekere Diploma klasse. 2. Wat het ek nodig om by CA in te skryf?Jy kan die registrasievorm van ons webwerf aflaai. Voltooi die vorm en stuur saam met die volgende dokumentasie: - afskrif van ID - jongste puntestaat en die registrasiefooi van R1850.00 na die Highveld kampus. 3. Ek weet nie of ek toelating het tot diplomastudies nie?Die volgende basiese vereistes sal jou toelaat in diplomastudies: NSS met 'n minimum prestasie van 3 (40% - 49%) vir enige vier ander vakke. Kliek hier vir Toelatingsereistes 4. Ek is nie seker watter Diploma om te studeer nie?CA bied 'n wye verskeidenheid van diplomas met die fokus op ervaringsleer. Dit beteken dat jy sal die geleentheid kry om prakties 5. Wat is die verhouding tussen teorie en prakties?Teorie vorm 'n groot deel van die diploma studies, alhoewel 40% toegewy sal word aan praktiese ervaring. 6. Het CA enige koshuise of akkommodasie beskikbaar?Ongelukkig het CA nie huidiglik enige koshuise nie. Daar is ‘n aansienlike hoeveelheid woonstelle in die omgewing beskikbaar. 7. Is daar 'n studentelewe by CA?Definitief, CA het ‘n studenteraad wat verskeie aktiwiteite reel. Die aktiwiteite sluit die volgende in: Eerstejaarsdinee, 8. Kan ek inskryf vir die kursusse in die middel van die jaar?Nee, slegs studente wat in Junie / Julie vir die Haarversorging sertifikaat inskryf. Die res van die Diploma kursusse loop oor 'n jaar tydperk, met ander woorde vanaf Januarie tot November. 9. Wat kan ek studeer op 'n deeltydse basis?Die volgende kursusse kan gestudeer word op 'n deeltydse basis:
10. Hoe is CA se kwartale saamgestel?CA se kwartale is dieselfde as die Gauteng skool kwartale. M.a.w. CA is gesluit wanneer die skole gesluit is. Elke Departement ontvang ‘n jaarbeplanning aan die begin van die jaar. Ouers en studente moet seker maak van belangrike datums van elke Departement. |



